I KRONIEKE 11:8-9 AFR53
8. En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.
9. En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die Here van die leërskare was met hom.
***
Kern gedeelte:
"En Dawid het gedurigdeur groter geword"
Soms wil ons alles op een slag hê, en wanneer die terugslae van die lewe kom raak ons negatief en voel ons dat GOD ons verlaat het want die storms druis om ons heen.
Dawid se lewe was net so vol storms, uitdagings, probleme en oorlog.
Maar te midde van alles het hy volhard in sy soeke na GOD en was standvastig in sy verhouding met Hom.
Nog meer belangrik, as ons na Dawid se lewe kyk, hy was sensitief op die stem van GOD se Heilige Gees wat in ons inspreek.
En daardeur, te midde van alles, het Dawid gedurigdeur groter geword.
Staan op, staan vas, want GOD is met jou, en as jy in nederigheid voor GOD bly sal Hy jou gedurigdeur groter maak.
-------
GEBED.
VADER, soms voel ons of ons deur die wêreld oorweldig gaan word, maar as ons terugkyk na die dag van gister, was U met ons en het U ons deurgedra. Ons bid dat U ons ongeduld sal vergewe, ons sal versterk sodat ons in ons lewenspad nie wankel, maar standvastig sal wees in die wete dat U ons gedurigdeur groter maak.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir deurbrake in U tyd, soos dit U behaag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https:// tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)71628310





