I THESSALONICENSE 5:5-8 AFR53
5. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
6. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
7. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
8. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
***
Kern gedeelte:
"Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees"
Dikwels is die boodskap so duidelik dat ek nie daarop wil uitbrei of verduidelikings wil byvoeg nie.
Hierdie boodskap is reeds so duidelik soos daglig, en as ons nie die kern hiervan verstaan nie, is dit waarskynlik omdat ons nog in die duisternis leef!
Die son sal eers vir jou opkom, en jy sal verlig word soos daglig wanneer jy JESUS CHRISTUS in jou lewe in nooi, want Sy Lig sal die duisternis in jou verdryf, sodat jy ook 'n kind van die lig, 'n kind van die dag kan wees.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons daaraan herhinner om nie aan die aktiwiteite van die die wêreld, van die nag deel te neem nie, maar dat ons waaksaam sal wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Beskerm ons asb sodat die duisternis nie weer vatplek in ons lewe sal kry nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te bly teen die aanslae en versoekings van hierdie wêreld.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





