JOHANNES 4:49-51 AFR53
49. Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe.
50. Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan.
51. En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
***
Kern gedeelte:
"En die man het die woord geglo wat JESUS vir hom gesê het"
As jy tot GOD in gees en waarheid gebid het, en jy het die Woord ontvang oor die pad vorentoe, moenie twyfel nie, maar gaan onmiddelik voort en doen soos GOD dit op jou hart gelê het.
Dikwels twyfel ons en staan op die rand van oorwinning, maar deur ons twyfel wil ons nie die eerste tree neem nie, en dan word ons met so 'n ligte stootjie die water ingehelp.
Dit is eers wanneer ons kop onder die water ingaan dat ons besef dat ons moet rigting kry en beweeg soos GOD vir ons gesê het.
Moenie wag nie, maar begin beweeg, stap die pad, doen wat jy moet doen en laat die res aan GOD oor.
Moenie die eer aan die "verderwer" gee deur in twyfel te bly staan nie, maar begin die pad stap ter ere van GOD en Sy Heilige Naam.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U Woord ter bevestiging vanoggend so duidelik is soos daglig. So duidelik dat geen mens dit kan mis nie. Ons vra slegs vanoggend dat U ons voete sal rig op ons lewenspad en dat U ons sal lei in die rigting wat U van ons verwag, en laat dit wat ons doen slegs ter ere van U Naam sal wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir hierdie eerste tree op die nuwe hoofstuk van ons lewenspad.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





