JOHANNES 5:5-7 AFR53
5. En 'n sekere man was daar, wat agt-en-dertig jaar aan sy siekte gely het.
6. Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
7. Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.
***
Kern gedeelte:
"ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie"
Die Oplossing, die Deurbraak staan by ons, maar deur die afwagting wat ons in die wêreld het sien ons dit ook nie raak nie.
Hier het JESUS CHRISTUS, in die vlees gestaan en die vraag gevra, wil jy gesond word?
Maar deur gewoonte, deur die afwagting van die water wat geroer moet word, kon hy nie die Verlosser raaksien nie.
Ons doen dieselfde deur aanhoudend terug te hardloop na daar waar ons afwagting is, na daar waar ons die hulp van mense nodig het.
Maak oop jou oë en jou ore, ons Verlosser staan by jou en vra, wil jy gesond word. Het jy 'n deurbraak nodig?
Draai weg van die wêreld en sy mense want hulle dra net hulle eie belange op die hart.
Elkeen kan antwoord soos dit hulle behaag, maar ek sal antwoord, ja HERE, gee my U Wil vir my lewe.
-------
GEBED.
VADER, U open ons oë sodat ons die Lig van U Seun kan sien en ervaar. Laat ons vanoggend nie verblind staan deur ons gewoontes en afwagting in die wêreld nie. Ons antwoord is Ja. Laat U Heilige Gees asb in ons harte en lewe inkom en neem beheer daarvan. Genees asb en gee deurbrake soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir geopende oë wat die Lig kan sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





