PSALMS 51:12-15 AFR53
12. Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
13. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
14. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.
15. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
***
Kern gedeelte:
"Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie"
Daar is geen onderskeid nie, almal van ons doen sonde en almal maak foute.
Miskien worstel party van ons meer met herhaaldelike sonde en dan voel ons dat ons sondes soos 'n skeidsmuur tussen ons en GOD staan.
Dan voel ons soos Dawid wat sê, Verwerp my nie van U aangesig nie en neem U Heilige Gees nie van my weg nie.
Laat ons vanoggend ons sondes en worstelings in waarheid voor GOD bely en vra dat Hy ons sal wit-was en ons sondes van ons sal verwyder so ver as die Ooste van die Weste.
Moenie die leuen van die "verderwer" glo wanneer hy sê dat jou sonde te groot is om voor GOD te bring.
Nader tot GOD, bely jou sonde en keer jou dan weg daarvan.
-------
GEBED.
VADER, hoe glo ons nie die leuen van die "verderwer" nie, en dra ons die skuldlas van sonde met ons saam nie. Ons weet dat dit die "verderwer" se manier is om ons gebonde te hou, om ons van U te skei. Gee asb vandag aan ons die krag om in waarheid en berou voor U voete te kom, en dat ons, ons sal wegkeer van ons sondige weë om in U Waarheid te wandel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons HERE, wees ons sondaar genadig.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





