PSALMS 37:3-7 AFR53
3. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
4. en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
5. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
6. en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
7. Swyg voor die Here en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
***
Kern gedeelte:
"Swyg voor die Here en verwag Hom"
Ons lewe is so vol van die geraas van hierdie wêreld, ons word van so aard meegesleur dat dit ons van koers af druk.
Baie mense wil hulle stem laat hoor om net ook hulle plek in hierdie wêreld te bevestig.
Deur die weë van hierdie wêreld na te jaag, jaag jy net na wind, want dit is die verleiding van die "verderwer" wat veroorsaak dat ons wil hê wat ons oë kan sien.
Vanoggend se boodskap is dat jy net vir 'n oomblik moet stop, heroorweeg of die huidige koers, die besluite wat jy neem, GOD geleide besluite is, of probeer jy jou eie kop volg.
Luister wat die Woord sê;
en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer.
Hou op om alles na te jaag, en laat dit in GOD se Hande, want GOD het alles onder beheer.
-------
GEBED.
VADER, die "verderwer" oortuig ons dat ons aan die gejaag van die lewe moet deelneem om te kry wat ons wil hê, terwyl U Woord bevestig dat U gee dit aan U beminde in sy slaap. Ons ongeduld veroorsaak dat ons U seëninge mis, omdat die "verderwer" ons deur ons oorhaastige besluite telkens van koers af druk. Laat ons asb van hierdie oomblik af nie oorhaastige besluite sal maak nie, maar op U sal wag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte en vrede wat alle verstand te bowe gaan, sodat ons van U plan nie sal afwyk nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





