I THESSALONICENSE 5:21-23 AFR53
21. Beproef alle dinge; behou die goeie.
22. Onthou julle van elke vorm van kwaad.
23. En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
***
Kern gedeelte:
"Beproef alle dinge; behou die goeie"
So dikwels wanneer ons iets wat ons verkeerd doen in ons lewe wil regverdig, sal ons net die positiewe daarvan na vore bring.
Ons sal dit verdedig ten koste van selfs familie, vriende en ouers.
Maar, onthou alles in die lewe kan nie net goed, of net sleg wees nie, en selfs te veel van 'n goeie ding, is ook nie goed nie.
Maar ons maatstaaf as GOD se kinders word deur hierdie vraag gerig!
Wat sou JESUS CHRISTUS gedoen het en hoe sou hy die saak of situasie hanteer het, en hoe sou sy optrede of gedrag gelyk het.
Ons Verlosser het Homself nie opgehou met ydele taal, dronk partye, diefstal, egbreuk, moord, losbandigheid, twis, naywer, en ander soortgelyke gedrag nie.
As jou dade nie in en deur JESUS CHRISTUS geregverdig kan word nie, pas dan die res van die skrif toe wat sê, wanneer ons die sin volledig lees.
* Beproef alle dinge
* Behou die goeie.
* Onthou julle van elke vorm van kwaad.
-------
GEBED.
VADER, sekere dinge is ooglopend verkeerd en daarom vra ons vir krag om daarvan weg te stap. U het elkeen van ons geseën met gesonde verstand, maar dit word aangetas deur die oortuiging van die "verderwer", die verleiding van hierdie wêreld. Laat ons vandag besef dat NEE is ook 'n antwoord en dat ons het die reg om Nee te sê.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeiding wat die goeie en slegte in alles kan sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





