PSALMS 112:1 AFR53
1. Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
***
Kern gedeelte:
"Welgeluksalig is die man wat die Here vrees"
Ek wil niks byvoeg nie, maar net die res van Psalms 112 lees!
* Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word.
* Oorvloed en rykdom is in sy huis; en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
* Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: genadig en barmhartig en regverdig.
* Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, wat sy sake volgens reg besorg.
Want hy sal nooit wankel nie; die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.
* Hy vrees nie vir slegte tyding nie; sy hart is gerus, vol vertroue op die Here.
* Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; sy horing word verhoog in eer.
* Vas is sy hart, hy vrees nie, totdat hy op sy teëstanders neersien.
•Die goddelose sien dit en is vererg; hy kners met sy tande en smelt weg; die begeerte van die goddelose mense vergaan.
-------
GEBED.
VADER, mag ons vandag hierdie man wees in U oë wees, en mag ons Godvresende vroue ons hierin ondersteun, en dat ons huise in eenheid, in geregtigheid voor U mag staan. Rig ons asb in ons weë, versterk ons in ons geloof, maak ons standvastig in U Seun, sodat die "verderwer" ons nie in struikeling sal bring nie. Laat ons nooit die grond verlaat, maar laat ons nederig in U skadu bly.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons U reddende hand van genade oor elkeen se lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





