JOHANNES 8:11-12 AFR53
11. En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
12. EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
***
Kern gedeelte:
"Gaan heen en sondig nie meer nie"
Die boodskap is duidelik, en tog verwag ons om deur GOD gelei te word, terwyl ons nog in die drank bedwellemdheid van die wêreld leef.
Ons vra dat GOD se Heilige Gees op ons sal inwerk, helderheid van verstand sal gee, terwyl ons nog pille en dwelms gebruik wat ons so verdoof dat ons nie GOD se stem kan hoor nie.
Ons bid vir GOD se vrede op ons huis, maar as die deur agter ons toegaan kom die ware man wat deur gesins geweld gedryf word na vore.
Ons bid vir gesondheid, maar druk een na die ander sigaret in ons mond, en vergiftig ons eie liggaam.
Bekeer jou in waarheid, kom voor GOD se voete in berou, bid in die Naam van JESUS CHRISTUS dat GOD jou waarlik vry sal maak van die sonde wat oor jou heers.
Gaan dan heen, en sondig nie meer nie.
Kom ons kyk weer wat Jesus vir ons sê; Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie.
-------
GEBED.
VADER , ons is mens en ons struikel in ons weë, maar deur U Genade hou U ons in die lewe, deur U Genade dra U ons deur. Versterk ons asb dat ons ook vandag ons deel sal doen, dat ons, ons sal wegkeer van die sonde en nie langer op U genade se rug sal lei nie. Leer ons asb om in integriteit voor U te staan, sodat ons sal sê wat ons gaan doen, en laat ons dan uitgaan en doen wat ons sê. Laat ons vandag uitgaan en breek met die sonde.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons herhaaldelike en moedswillige sondes.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel+27716283107





