PSALMS 23:1-6 AFR53
1. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.
2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
4. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
5. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
6. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.
***
Kern gedeelte:
"Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie"
Ek wil vanoggend nie veel sê nie, maar jou slegs herhinner, wie is,
▪︎ Jou Herder,
▪︎ Jou voorsiener,
▪︎ Jou bewaarder,
▪︎ Jou stok en jou staf,
▪︎ En Wie is dit wat jou tafel voorberei teenoor jou teëstanders.
Dit is die Lewende GOD wat die hemel en aarde geskape het!
-------
GEBED.
VADER, ons sien nie meer U Grootheid en Almag, nie, want ons het van U weg beweeg. Die skeidsmuur van sonde staan tussen ons en U, en ons verstoot die inwerking van U Heilige Gees. Gee ons asb vanoggend 'n oomblik van stilte, 'n oomblik van helderheid van verstand, sodat dit by ons sal insink dat U al om teenwoordig is, want die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Wysheid, U Insig en die inwerking van U Heilige Gees in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





