HOSÉA 4:1-3 AFR53
1. HOOR die woord van die Here, o kinders van Israel! Want die Here het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
2. Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
3. Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.
***
Kern gedeelte:
"Daarom treur die land"
Ons kla en kerm, maar ons keer nie terug na GOD toe nie.
Ons immigreer, maar die swaard sal ons ook daar inhaal, want die liefde en trou van ons GOD is nie in ons hart nie.
Ons wys vingers na die goddelose regering, maar niemand dink daaraan dat GOD, soos met Nebukadneser, hulle daar geplaas het om hierdie volk weer op hulle knieë te dwing, weer terug te kry by Hom nie.
Ons voortdurende gekerm en gekla gaan niks verander nie, maar gebed verander sake.
Nader tot my sê GOD, en Ek sal tot julle nader.
Kortliks, wanneer die volk nie meer kan nie, wanneer dit bitter sleg gaan, wanneer choas in land uitbreek, sal ons in eenheid tot GOD begin nader.
Dan eers sal GOD se herstel proses begin.
-------
GEBED.
VADER, die besef sink nog nie by ons in dat dit eers bitter sleg met ons moet gaan voordat dit weer goed sal gaan nie. Ons weet dat herstel deur U Hand sal kom, maar ons loop nog rond as siende blind en horende doof. Ons vra dat Heilige deur ons land sal beweeg, harte sal aanraak, sal voorberei vir die groot Herlewing, die dag wanneer ons weer saam in U Naam sal vergader.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die skille van ons oë sal verwyder, sodat ons die dwaasheid van ons weë sal sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





