PSALMS 20:7-9 AFR53
7. Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
8. Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God.
9. Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.
***
Kern gedeelte:
"maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God"
So dikwels raak die situasie desperaat en sien ons nie meer die uitkoms, oorwinning of oorlewing in die saak nie.
Miskien is die oormag van probleme teen jou te groot, of miskien voel jy dat alles sonder hoop is.
Weet dit, wanneer jou planne tot 'n einde kom, sal GOD se plan in jou lewe begin werk.
Maar jy het nodig om op te staan, te roem in die Naam van die HERE onse GOD.
Moet dit nie net spreek nie, maar begin dit uitleef of dit reeds in wording is.
Weet dat niks vir GOD onmoontlik is nie.
Maar die "eie ek" in ons moes eers tot 'n einde kom!
-------
GEBED.
VADER, hoe maklik soek ons nie ons uitkoms in die wêreld nie, probeer ons nie steun op die arm van vlees nie. Elkeen het vanoggend die keuse waar hulle, hulle vertroue wil plaas. Laat elkeen kies soos dit hulle behaag, maar ons, ons sal vertrou op die HERE onse GOD. U wat uitred deur U reddende regterhand.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons krag sodat ons in ons geloof in U, nie sal wankel nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





