PREDIKER 3:1, 3, 8 AFR53
1. ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd:
3. 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou,
8. 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.
***
Kern gedeelte:
"ALLES het sy bepaalde uur"
Niks kan vir ewig op dieselfde trant aangaan nie.
Of jy wil wegskrum daarvan of nie, een of ander tyd sal die situasie jou forseer om die harde besluite in jou lewe te maak.
Jy kan probeer om die probleme rondom jou te ignoreer en met jou kop in die sand te lewe, maar wanneer die winde van verandering selfs die sand rondom jou wegwaai, sal jy die harde realiteit in die oë moet kyk.
Maak eerder nou die harde, regte besluite terwyl die besluit nog in jou hande is, voordat die besluit vir jou gemaak word, en jy slegs met die nagevolge moet saamleef.
As jy twyfel, onthou dan, alles het 'n bepaalde uur en niks hou vir ewig nie.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U vanoggend bevestig dat soms is dit seerder om vas te hou, as wat dit is om te laat gaan. Gee ons asb die krag om die harde, regte, GOD geleide besluite te maak. Selfs as dit besluite is wat tot konflik gaan lei om situasies weer terug te bring binne U Wil en U Weg. Laat ons soos Dawid opstaan en die reus in die oë kyk en sê, in die Naam van HERE kom ek na jou toe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons hart en ons gees sal versterk sodat ons nie slegs die besluit sal maak nie maar ook sal deur deurvoer.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





