MATTHÉÜS 19:26 AFR53
26. Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
***
Kern gedeelte:
"maar by God is alle dinge moontlik"
So dikwels is die probleem nie ons omstandighede nie maar die manier waarna ons na die omstandighede kyk.
Eerstens sien ons die glas half leeg, en nie half vol nie, en tweedens voel ons dat ons dit nooit gaan vermag nie.
Daarom die boodskap vanoggend om 'n Wagwoord vir die dag uit te gee en die die wagwoord is;
Met GOD se hulp.
As jy vanoggend net jou uitkyk verander is die glas onmiddelik half vol, en met GOD se hulp sal jou beker oorloop!
Wat jy vandag aanpak of moet hanteer, verklaar dat met GOD se hulp sal jy dit vermag, dit oorkom want by GOD is alle dinge moontlik.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons vandag weereens bewus maak dat by U is alles moontlik, en met U hulp is geen struikelblok onoorkombaar nie, geen probleem te groot nie. Help ons asb vandag om ons uitkyk te verander, lewe te spreek oor situasies, en dan tot U uit te roep vir ons hulp.
In die Naam van ons Meester YESHUA, verklaar ons; as U vir ons is, wie sal teen ons wees!
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





