I KORINTHIËRS 15:57-58 AFR53
57. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
58. Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
***.
Kern gedeelte:
"wees standvastig, onbeweeglik"
Soms draai die wind teen ons, verloop die pad nie soos ons dit beplan het nie, ons begin twyfel in GOD se plan vir ons lewe en dan begin ons oplossings soek wat van die "wêreld" is.
Wees versigtig, want dit sal jou lei na groter verwarring en onstandvastigheid.
Maar as jy bly staan in jou geloof en op GOD vertrou, sal jy deur die storms, jou rigting hou.
Die regte goed sal op die regte tyd gebeur, nie 'n minuut vroeër of 'n minuut later as wat GOD dit beplan het nie.
Hou moed, staan vas, wees onbeweeglik in jou geloof en sien hoe GOD se Hand deur jou lewe beweeg en sake verander.
Moenie deur twyfel, jou grondgebied prysgee nie, maar hou aan om die pad te stap waarop GOD jou geplaas het, en te volhard met dit wat Hy op jou hart gelê het.
-------
GEBED.
VADER, soos die tyd aanstap, begin die twyfel in ons groei en begin ons na grashalms gryp. Deur twyfel laat die "verderwer" ons rigting verloor omdat ons van U plan begin afwyk. Gee ons asb die krag om standvastig en onbeweeglik te wees in ons geloof in U.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U voorsiening. Gee asb aan ons, ons daaglikse brood.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





