I TIMÓTHEÜS 6:10-11 AFR53
10. Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
11. Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
***
Kern gedeelte:
"Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg"
Jy kan nie GOD en Mamon dien nie.
Dit gaan of die een of die ander wees.
Sommige mense dink as hulle eers geld het, sal hulle GOD daarmee vereer.
Dit gaan nie so wees nie, want hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê, en dit sal jou in jou geloof tot struikeling bring, en jou nog verder van GOD verwyder.
Ek sê nie dit is verkeerd om geld te hê nie, en as GOD jou daarmee seën , is ek dankbaar vir jou.
Maar as jy geld bo GOD kies, weet dan dat dit gaan lei tot bittere spyt en jy gaan jouself met baie smarte deurboor.
Daarom sê GOD se Woord:
Soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
-------
GEBED.
VADER, ons vra vanoggend dat ons die opkomende besluite binne U Wil sal maak, en nie sal toelaat dat ons deur die liefde vir geld oorweldig word nie. Lei ons asb deur U Heilige Gees om die regte besluite, op die regte tye te maak, ter ere van U Naam.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons deur U Gees sal versterk sodat ons nie swig voor die versoekings van hierdie wêreld nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





