KLAAGLIEDERE 3:22-25 AFR53
22. Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;
23. hulle is elke môre nuut; u trou is groot.
24. Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.
25. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.
***
Kern gedeelte:
"Goed is die Here vir die wat op Hom hoop"
As jy die bogenoemde teksverse lees besef ons opnuut weer twee dinge;
1. Dit is die genade van die HERE wat ons deurdra,
2. Aan sy barmhartigheid is daar geen einde nie.
Soms wanneer die wêreld druk, en ons voel alleen in hierdie stryd, hoop ons op GOD, en daarom faal Hy ons nooit nie.
Daarom sê die Woord:
Goed is die Here vir die wat op Hom hoop.
As jy aan die begin van hierdie week ervaar dat alle hoop verlore is, en dat daar geen uitkoms is nie, wil ek vir jou sê, hou aan bid, hoop op GOD, want Hy is 'n waarmaker van Sy Woord.
-------
GEBED.
VADER, soms voel ons soos Job, en is ons vasgekeer deur die "verderwer" omdat ons U nie loon nie, en ons hoop steeds op U plaas. Herhinner ons asb vanoggend, dat Job se einde meer geseënd was as sy begin omdat hy op U bly hoop het. Laat ons in geloof en gebed nooit faal of moed opgee nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir standvastigheid van ons geloof.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





