FILIPPENSE 4:4, 6-7 AFR53
4. Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
7. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
***
Kern gedeelte:
Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
As jy jou blydskap in die HERE vind, sal jy nie deur jou omstandighede beinvloed word nie.
As GOD die middelpunt, die kern van jou behoeftes is, sal die aanslae van die lewe kom en gaan, maar jy sal staande bly omdat Hy jou Rots en jou Vesting is.
Jou vertroue sal nie wees op die materiêle besitting of inkomste nie, maar in GOD se voorsiening.
As jy vanoggend die laste en druk van die wêreld ervaar wat jou vreugde wegneem, weet dan dat jy te ver van GOD wegbeweeg het en nie Sy vrede en vreugde kan ervaar nie.
Ongeag waar jy jou bevind, onthou alles het 'n begin en alles het 'n einde, maar weet, hy wat op GOD wag kry nuwe krag.
-------
GEBED.
VADER, soms verloor ons, ons vreugde omdat ons net fokus op die storms en aanslae van hierdie wêreld. Ons ervaar nie U teenwoordigheid nie en U Lig skyn ook nie meer deur ons nie. Ons vra vir 'n oomblik van stilte sodat ons net weer U teenwoordigheid kan soek en U vrede kan ervaar.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elkeen wat hierdie boodskap lees of luister.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





