JAKOBUS 3:14-16 AFR53
14. Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.
15. Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;
16. want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
***
Kern gedeelte:
"Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het"
Wees versigtig, want die makste honde byt die seerste, dit is gewoonlik die persoon naaste aan jou wat jou die meeste skade aandoen.
Solank mense gunste en gawes van jou ontvang, voordeel uit jou kan trek, sal hulle met 'n glimlag teenoor jou optree, met 'n gesplete tong met jou praat.
Maar in jou tyd van moeilikheid en tekortkome, wanneer jy nie meer kan voorsien nie, sal die ware kleure van die mens na vore kom.
Dan eers sal jy die waarheid van die hart leer ken, en die selfsug en gemene dade sal na vore kom.
Vra GOD om jou te lei, sodat hy die dubbelhartiges in jou lewe sal openbaar, voordat jy die hand na hulle uitreik, hulle in jou vertroue neem.
-------
GEBED.
VADER, ons sien net die uiterlike en daarom stap ons sy aan sy met die vyand. Met die wat beplan om ons te ondermyn en hulle gemene dade tot uitvoer te bring wanneer hulle nie meer nut vir ons het nie. Maar U sien die hart, en ken die gesindheid van die mens, en daarom bid ons dat U ons sal lei in ons besluite en beskerm teen die dubbelhartiges van hierdie lewe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die mense uit ons lewe sal verwyder wat nie daar hoort nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





