JAKOBUS 5:15-16 AFR53
15. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
16. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
***
Kern gedeelte:
"Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word"
Die probleem waarmee jy worstel, wat tans vir jou onoorkombaar lyk, is nietig in die oë van GOD.
Maar sekere dinge in jou lewe wat nie reg is nie, staan in die pad van jou deurbraak, oplossing of genesing.
Eers wanneer ons die onbelyde sonde voor GOD bring, daarvan afstand doen, kan GOD met ons begin werk en Sy plan vir ons lewe tot uitvoer bring.
Daarom, bid nie net oor dit waarmee jy tans worstel nie, maar bid ook dat GOD elkeen se oë sal open sodat ons sal besef wat se sonde ons nog koester, ons nog in ons ronddra.
Watse sonde vorm nog hierdie skeidsmuur tussen ons en GOD?
As jy hierdie saak met GOD uitklaar sal jou oplossing deurbreek soos die môreson en niks of niemand sal dit kan keer nie.
-------
GEBED.
VADER, hierdie saak is moeilik want die mag van gewoonte oorheers ons denke, ons lewe en is reeds deel van wie ons is, deel van ons karakter. Daarom sê U Woord dat ons in ons gemoed vernuwe moet word sodat ons nie aan die wêreld gelykvormig moet wees nie. Gee ons asb die krag om hierdie verandering te maak, hierdie onbelyde sondes te los, en daarvan weg te keer.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om vandag die keerpunt te bereik, en weg te draai van dit wat ons nog gebind hou.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107
10 September 2024





