LUKAS 6:41-42 AFR53
41. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?
42. Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.
***
Kern gedeelte:
"Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit"
As jy een vinger na iemand wys, wys daar drie vingers terug na jou toe, sê die gesegde.
As jy voel dat almal teen jou is en dat almal 'n probleem met jou het, is dit miskien tyd om self ondersoek te gaan doen, eers die balk uit jou eie oog te haal, en te kyk of die probleem nie anders om is nie.
Of jy nie dalk die persoon is wat 'n probleem het met al die ander mense nie.
Dit maak tog nie sin dat al die ander mense verkeerd is, en net jy is reg nie.
Laat ons eers die balk wat ons so verblind uit ons eie oog haal!
-------
GEBED.
VADER, U weet dat elke mens wys is in sy eie oë, en as U Heilige Gees nie hierdie foute aan ons uitwys nie, sal ons dit nooit besef nie. Daarom vra ons vanoggend dat U ons hart sal aanraak, ons oë sal open vir ons eie foute, voordat ons die fout verder by ander mense gaan soek.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons oë sal open vir die waarheid.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





