PSALMS 34:7-9 AFR53
7. Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
8. Die Engel van die Here trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
9. Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
***
Kern gedeelte:
"welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!"
As ons terugkyk na ons lewe het ons voor soveel onoorkombare situasies gestaan, en soveel keer het die aanslae van die "verderwer" gedreig om ons te verswelg.
Maar ook daardeur het die HERE ons gedra, ons beskerm en ons sterker anderkant laat uitkom.
Sonder dat jy dit besef, trek die engel van die HERE ook vandag 'n laer rondom jou, en Hy sal jou uitred.
Want GOD sê vir ons in Sy Woord, omdat hy My liefhet, sal ek hom bevry, Ek sal hom beskerm omdat hy My Naam ken.
Draai jou fokus weg van jou probleme af, en terug na GOD en aanskou hoe Hy jou uitkoms bewerkstellig.
-------
GEBED.
VADER, leer ons asb vandag hoe om 'n tree terug te neem, weg van ons probleme, en ons fokus weer op U te plaas. Laat ons besef dat niks deur ons eie krag opgelos gaan word nie, maar alles sal gebeur deur U krag, deur U reddende regterhand. Laat ons stil word in U teenwoordigheid en aanskou hoe U sake behartig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir die uitkoms wat U bring.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





