JESAJA 19:21-22 AFR53
21. En die Here sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die Here ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die Here en dit betaal.
22. En die Here sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die Here bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
***
Kern gedeelte:
"slaan en genees; en hulle sal hul tot die Here bekeer"
Op 09 September 2023 het ons 'n diens gehou op Jesus Koppie buite Lydenburg, en daar het ek gesê dat die probleme in ons land kortliks gaan begin.
Nou net meer as 'n jaar later het GOD se straftyd oor ons land aangebreek, en die vergelding van die goddelose se werke sal ons met ons oë aanskou.
Die tyd wat ons nou binnegaan sal GOD ons land slaan, slaan en genees en ons sal ons tot GOD bekeer en Sy Lig sal deur ons land begin skyn.
Maar weet dit, na hierdie tyd sal GOD hierdie land weer oprig, en die vooruitgang van die regverdige sal nie gestop kan word nie.
Moenie dat die huidige vals vrede jou mislei nie.
Bid tot GOD, luister na Sy Stem, sodat jy kan weet wat jou te doen staan.
-------
GEBED.
VADER, U waarsku ons vooraf oor dit wat U oor ons, en ons land gaan bring, maar of ons wil luister is elkeen se keuse. Wie vanoggend ore het, laat hulle hoor. Rig ons asb op die pad vorentoe, en laat ons nie net hoorders sal wees nie maar daders van U Woord wat nougeset gehoorsaam sal wees op U Leiding.
In Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Wil in ons land sal geskied.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





