MATTHÉÜS 6:32, 34 AFR53
32. Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
34. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
***
Kern gedeelte:
"Kwel julle dus nie oor môre nie"
Waarmee hou jy tans jou gedagtes besig?
Dink jy aan die probleme, tekortkomimge waaraan jy tans niks kan verander nie, of gebruik jy die tyd om aan GOD se Wil vir jou lewe te dink?
GOD het vir ons die perfekte pad uitgelê om te leef ter ere van Sy Naam, maar ons keuses het ons gelei tot waar ons vandag is.
Daarom, moet jou nie kwel oor die dag van môre nie, want môre sal sy eie probleme hê, maar laat ons vandag bid vir ons daaglikse brood.
Op die regte tyd sal GOD ons weer op die regte pad plaas.
Staan vas, staan sterk, wees stil en laat GOD vir jou die pad voorberei.
-------
GEBED.
VADER, ons bekommer ons so oor die dag van môre sodat ons heeltemal vergeet om vandag ons lewe voluit te lewe ter ere van U Naam. U weet wat ons behoeftes is en vra dat U daarin sal voorsien.
Gee ons asb vandag ons daaglikse brood. Leer ons asb om die dag van môre in U hande te plaas.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U aan ons die kalmte van hart sal gee om elke situasie binne U Wil te hanteer.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





