JESAJA 22:22-23 AFR53
22. En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.
23. En Ek sal hom inslaan soos 'n pen in 'n vaste plek, en hy sal 'n eretroon wees vir die huis van sy vader.
***
Kern gedeelte:
"En Ek sal hom inslaan soos 'n pen in 'n vaste plek"
As jy vanoggend nog onseker is oor jou posissie, jou toekoms, jou plek onder die son, wil ek net bevestig dat waar GOD jou gaan plaas, gaan niemand jou skuif nie.
Die oggend boodskap is effens laat vanoggend, want ek wou ander boodskap uitstuur, maar die Heilige Gees het die bogenoemde op my hart bly druk.
Neem jou standpunt in, berei jou voor want wanneer GOD hierdie deur oopmaak gaan niemand dit vir jou toemaak nie.
Jy, gesalfde van die HERE, moenie twyfel in jou roeping nie, want GOD maak nie foute.
Jy sal 'n anker wees, 'n pen op 'n vaste plek.
-------
GEBED.
VADER, al voel ons onseker, al dreig die onweers wolke, weet ons dat die storms van die lewe baie is, maar U het ons tot nou toe deur alles gedra. Ons vertroue is in U en ons vra dat U ons sal plaas waar U ons nodig het, en nie waar ons wil wees nie. Dankie dat U reeds deure open waarvan ons nog nie bewus is nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die Lamp vir ons voet en die Lig op ons pad sal wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





