LUKAS 24:24-25 AFR53
24. En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.
25. En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!
***
Kern gedeelte:
"o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo"
Vanoggend wil ek een ding vir jou duidelik maak, jou Verlosser leef!
As jy nie Sy Liefde en en Omgee in jou lewe ervaar nie, weet dat die probleem nie by GOD lê nie, maar by jou.
As ons te ver van die pad wegdwaal, ervaar ons nie meer die inwerkende krag van die Heilige Gees wat JESUS CHRISTUS, ons Meester vir ons gestuur het nie.
Daarom dwaal ons, en is ons harte traag om te glo, en begin ons twyfel oor die toekoms.
Maar eers wanneer ons die wêreld opsy skuif, afsonder en Sy teenwoordigheid gaan soek, besef ons, ons het hoop, ons het lewe en ons het 'n toekoms want ons Verlosser leef.
As jou oë dit nie vanoggend sien, en jou hart dit nie verstaan nie, is dit tyd dat jy bemoeienis met GOD maak en Sy aangesig gaan soek.
Dan sal Sy Lig deurbreek soos die dageraad en jou oë sal geopen word sodat jy verlig die toekoms kan instap.
-------
GEBED.
VADER, U Woord is duidelik. As ons tot U nader, sal U tot ons nader, maar ons kies bemoeienis met die dinge van die wêreld. Ons kies bekommernis, depressie, siekte, afgematheid en 'n toekoms sonder hoop. Eers wanneer ons tot U nader, word ons oë verlig, sien ons 'n toekoms en sien ons U geleenthede in hierdie wêreld. Laat ons vandag kies om tot ons GOD te nader.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons geestelike geopende oë en harte wat vatbaar is vir U Woord.
Laat dit wees soos dit U behaag.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





