PSALMS 101:3-7 AFR53
3. Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.
4. 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie.
5. Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.
6. My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien.
7. Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.
***
Kern gedeelte:
"n Verkeerde hart moet ver van my af bly"
Ek dink nie ek is beter as ander nie, en ek sal met enige persoon gesels, tyd spandeer en 'n pad saam met hulle probeer stap.
Wanneer ek egter bewus word dat 'n persoon nie met 'n opregte hart wandel nie, dan sê ek dit vir die persoon, en ons paaie skei.
Laat mense eerder nie van jou hou nie, as wat dieselfde mense, wat nou van jou sleg praat en van jou skinder, jou in die grond in sou vertrap het.
Twee gesêgdes staan altyd vir my uit, en ons moet dalk na die geselskap kyk waarin ons daagliks verkeer.
* Meng jou met die Semels en die varke vreet jou op.
* Wys my jou vriende en ek wys jou, jou toekoms.
Besluit maar selfs, ek is nie hier om te oordeel nie.
-------
GEBED.
VADER, U Woord leer ons, Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie. Laat U Heilige Gees asb aan ons openbaar wie nie in ons lewe hoort nie, en watter mense ons eerder moet laat gaan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geestelik geopende oë.
Amen
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





