ESÉGIËL 37:11, 14 AFR53
11. Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!
14. En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die Here, dit gespreek en gedoen het, spreek die Here.
***
Kern gedeelte:
"Ek sal julle vestig in jul land"
Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom?
Vandag se boodskap is vir elkeen wat wil vlug uit ons land Suid-Afrika, na die groener weivelde wat die wêreld vir julle voorhou.
Maar weet, jy sal terugkom na jou land, want GOD sal jou hier vestig.
Miskien sê jy ook vandag, Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!
Nee, dit is eers klaar met ons wanneer GOD so gesê het en vanoggend is hierdie 'n boodskap van hoop en verwagtig, 'n bevestiging dat ons land nie net sal herstel nie, maar een van die beste lande in die wêreld sal word.
Hoekom?
Want GOD het so gesé, Hy spreek, en dit sal so wees!
Daarom hoef ons nie te wonder waar ons hulp vandaan sal kom want nie, want ons weet, ons Hulp is van die HERE.
-------
GEBED.
VADER, daagliks raak toestande en omstandighede net slegter in ons land, en almal begin oorboord spring en gryp na reddings bootjies wat die wêreld bied. Maar die wat in geduld en geloof op die verandering wag wat U besig is om teweeg te bring, sal die vrugte pluk. Ons vra vir die besef, deur die inwerking van U Heilige Gees, dat Suid-Afrika ons land van geboorte is, dat dit my reg is om hier te bly, en hier gaan ek nie verdring word nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van standvastigheid in ons, wat kan opstaan vir ons reg.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





