I KRONIEKE 29:1 AFR53

June 2, 2025

VERDER het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het, is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir 'n mens is die paleis nie, maar vir die Here God.


***


Kern gedeelte:

"is jonk en teer, en die werk is groot"


Ons as ouers faal ons kinders omdat ons hulle nooit toelaat om te faal op hulle eie nie.

Dawid het vir sy seun Salomo alles gereël om die tempel van GOD te bou, en hy het gedoen wat hy kon deur regerings amptenare te oortuig om Salomo te ondersteun.

Deel van Salomo se suskses was aan sy pa toe te skryf, maar die taak van die bou van die tempel en sy verhouding met GOD moes hy self hanteer.

So ook met ons kinders, as hulle sukkel, wil ons dinge uit hulle hande neem, en as hulle foute maak, wil ons intree om die nagevolg sagter te maak.

As jy vandag alles vir jou kind wil doen, hoe gaan hy môre as jy jou kop neergelê het, die wêreld in die oë kyk, sake op sy eie besluite hanteer en steeds standvastigheid in sy verhouding met GOD hê.

Dit is nie jou lewe nie, dit is jou kind se lewe, rig hulle op hulle pad, leer hulle tussen reg en verkeerd, maar laat hulle die besluite maak en die nagevolg daarvan dra!


-------


GEBED.


VADER, leer ons asb hoe om ons kinders te leer hoe om hulle lewe te leef, laat ons nie alles oorvat en probeer om hulle lewe vir hulle te lewe nie. Leer asb ons kinders dat hulle besluite, afekteer hulle toekoms, en hulle dek hulle eie tafel van nagevolg. Laat ons as ouers nie ons en ons kinders se toekoms affekteer deur gedurig in te meng, besluite vir hulle te maak, en die nagevolge van hulle swak besluite op ons te neem nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir insig om ons kinders te rig op hulle lewenspad, sodat hulle GOD vresend voor U kan staan.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

June 3, 2025
11. Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons! 14. En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die Here, dit gespreek en gedoen het, spreek die Here. *** Kern gedeelte: "Ek sal julle vestig in jul land" Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom? Vandag se boodskap is vir elkeen wat wil vlug uit ons land Suid-Afrika, na die groener weivelde wat die wêreld vir julle voorhou. Maar weet, jy sal terugkom na jou land, want GOD sal jou hier vestig. Miskien sê jy ook vandag, Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons! Nee, dit is eers klaar met ons wanneer GOD so gesê het en vanoggend is hierdie 'n boodskap van hoop en verwagtig, 'n bevestiging dat ons land nie net sal herstel nie, maar een van die beste lande in die wêreld sal word. Hoekom? Want GOD het so gesé, Hy spreek, en dit sal so wees! Daarom hoef ons nie te wonder waar ons hulp vandaan sal kom want nie, want ons weet, ons Hulp is van die HERE. ------- GEBED. VADER, daagliks raak toestande en omstandighede net slegter in ons land, en almal begin oorboord spring en gryp na reddings bootjies wat die wêreld bied. Maar die wat in geduld en geloof op die verandering wag wat U besig is om teweeg te bring, sal die vrugte pluk. Ons vra vir die besef, deur die inwerking van U Heilige Gees, dat Suid-Afrika ons land van geboorte is, dat dit my reg is om hier te bly, en hier gaan ek nie verdring word nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van standvastigheid in ons, wat kan opstaan vir ons reg. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 30, 2025
Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof. En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees. *** Kern gedeelte: "As julle geloof gehad" Vanoggend se boodskap is laat, want ek was nie seker nie, maar ek het bevestiging ontvang. Vanoggend se boodskap is, daar is geen boodskap nie. Daardie saak, daardie probleem wat voor jou lê soos 'n berg, wat jy geen uitkoms voor sien nie, vat jy dit self na GOD toe in geloof, en begin lewe in die wete dat GOD dit gaan oplos, en jy sal sien hoe maak GOD, die onmoontlike, moontlik! ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig, dat U die onmoontlike vir ons moontlik gaan maak, as ons hierdie saak in geloof en wete na U toe bring. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U dat vandag die begin is van 'n nuwe seisoen is in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 29, 2025
Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. *** Kern gedeelte: "met my GOD" Stop gou 'n oomblik en kyk na jou dag! Hoe gaan jy vanoggend jou probleme en jou uitdagings hanteer en saam met wie trek jy aan die wa? As jy nie jou dag saam met GOD beplan het nie en gevra het dat GOD deur Sy Heilige aan jou krag verleen nie, gaan jy nie deur hierdie dag kom nie. Maak seker jou dag begin Gees gevul, want dan verander jou probleme in uitdagings wat oorkombaar is, want die vuur in jou, verteer enige probleme voor jou. Selfs waar mense klippe na jou gooi, sien jy geleenthede, want jy gebruik die klippe om die platform waarop GOD jou geplaas het nog hoër te bou. Staan op, staan sterk, want as GOD vir jou is, wie gaan teen jou wees? ------- GEBED. VADER, soms lyk die berg voor ons so groot, omdat ons nog nie in geloof vlerke gegroei het om bo die probleme en uitdagings uit te styg nie. Ons is nog op die grond vlak van hierdie wêreld en daarom lyk die probleme oorweldigend groot. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U ons nooit sal faal en nooit sal verlaat nie, want deur gebed sal ons krag kry om alles te oorkom. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die Vuur van U Heilige Gees in ons. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 28, 2025
9. En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot. ******* Kern gedeelte: "dien Hom met 'n volkome hart" As ons die geskiedenis van Dawid en van sy seun Salomo ken, sal ons eers begin verstaan wat die term "'n volkome hart" beteken. Dawid was defnitief nie perfek nie, en nadat hy by Betseba ingegaan het, het hy selfs verder gegaan en Uria, haar man laat sterf in die voorgrond van die geveg. Nietemin, hy het sy sonde bely, en by GOD om vergifnis gepleit, maar sy hart, sy weë was deurentyd in GOD gevestig. Salomo wat GOD gegewe wysheid besit het se hart was nie volkome op GOD gevestig nie, en daarom het hy in sy laaste jare agter ander gode aangeloop. Ons almal is mense en ons almal maak foute, maar die slotsom is of ons GOD dien met ons hele hart, siel en verstand! Dan dien jy GOD met 'n volkome hart! Of gaan jy bereid wees om 'n kompromie aan te gaan met die wêreld wat jou uiteindelik gaan weg lei van GOD af? ------- GEBED. VADER, ons almal loop met die Woord van GOD op ons lippe, maar ek twyfel of almal U met 'n volkome hart dien. Daagliks vra ek U Heilige Gees om aan my te openbaar, waar sonde besig is om in my lewe in te kruip, waar ek van U wegdwaal deur wêreldse begeertes. Gee asb dat ek U nie sal verlaat nie, maar dat ek U in nederigheid met 'n volkome hart sal dien. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ek dat U alle bande sal breek wat ons nog aan die dinge van die wêreld vashou. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 27, 2025
2. Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. 3. Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius! 4. En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom. ******* Kern gedeelte: "Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom" Dikwels hoor ek mense sê dat hulle gebede nie verhoor word nie, en dat hulle woestyn tyd nie verbygaan nie. Ek is 'n mens en kan geen vinger na ander wys nie, want ek self het my eie foute, probleme en sondes. Dit verander nie die saak nie, en daarom stuur ek die boodskap uit. As jy met 'n toe hand deur die lewe gaan, as GOD se seëninge nie deur jou, na ander kan vloei nie, hoe kan GOD jou dan seën? As jy net vir jouself leef, en nie onpartydig opreg teenoor ander staan nie, hoe kan GOD jou seën? As jy nie jou lewensdoel, jou lewenspad voor GOD se voete vind nie, en wandel in geestelike afgestorwenheid, hoe moet GOD jou seën? Wanneer ons weer bid, onthou dat ons dade van onpartydige opregtheid by die geloof moet voeg. Daarom se die Woord: Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. ------- GEBED. VADER, hoe maklik fokus ons nie net op onself nie, dink ons in ons gebede net aan ons eie behoeftes. In die wêreld sien ons ander swaarkry, maar ons hou U seëninge in ons lewe styf teen ons bors vas. Leer ons asb vandag om Gees gelei, U seëninge ook na ander te laat deurvloei, want in hierdie wêreld is leuens, luiheid en hebsug aan die orde van die dag. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeiding wat die waarheid in elke situasie kan sien. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 26, 2025
4. en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? 5. En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. 8. Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring. *** Kern gedeelte: "Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop" Op die weg na Damaskus het Saulus, nog vol van homself, sy eie planne gehad hoe hy die Evangelie gaan uitroei, hoe hy homself voor die leier priesters, voor die wêreld gaan bewys. Soveel mense doen dit vandag nog, wanneer hulle GOD nog ontken en nog nie hulle Verlosser ontmoet het nie, omdat hulle die inwerking van die Heilige Gees teëstaan. Maar die tyd kom, waar jy in een oomblik nog trots voor die wêreld staan, nog teen die prikkels skop, en die volgende oomblik stort alles vir jou ineen en lê jy ook dalk blind op die grond. Eers dan leer ons, soos Saulus om tot GOD in nederigheid te nader, ons Verlosser te leer ken, en die mense wat jy op neergekyk het, sal jou tot hulp gestuur word. Gaan voort, ontken JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker, maar onthou, die wiel van die lewe draai, miskien stadig, maar hy draai. Die een of ander tyd, is jou jy ook onder en eers dan sal hierdie boodskap vir jou sin maak. ------- GEBED. VADER, hoe arrogant en ontkenend het ons ook nie voor die wêreld gestaan, voordat ons U as GOD erken het, en U Seun as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar het nie. Ons bid vir nederigheid van hart sodat ons nooit weer in trots, in die "eie ek" in die wêreld sal staan nie. Ons bid vir elkeen wat nog hierdie pad moet stap, wees asb met hulle sodat nie een verlore sal gaan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U harte sal aanraak sodat hulle die Lig, die Weg en die waarheid sal sien. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings