LUKAS 17:5-6 AFR53
Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.
En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees.
***
Kern gedeelte:
"As julle geloof gehad"
Vanoggend se boodskap is laat, want ek was nie seker nie, maar ek het bevestiging ontvang.
Vanoggend se boodskap is, daar is geen boodskap nie.
Daardie saak, daardie probleem wat voor jou lê soos 'n berg, wat jy geen uitkoms voor sien nie, vat jy dit self na GOD toe in geloof, en begin lewe in die wete dat GOD dit gaan oplos, en jy sal sien hoe maak GOD, die onmoontlike, moontlik!
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U vanoggend bevestig, dat U die onmoontlike vir ons moontlik gaan maak, as ons hierdie saak in geloof en wete na U toe bring.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U dat vandag die begin is van 'n nuwe seisoen is in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





