II SAMUEL 22:29-31 AFR53
Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar.
Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.
Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
***
Kern gedeelte:
"met my GOD"
Stop gou 'n oomblik en kyk na jou dag!
Hoe gaan jy vanoggend jou probleme en jou uitdagings hanteer en saam met wie trek jy aan die wa?
As jy nie jou dag saam met GOD beplan het nie en gevra het dat GOD deur Sy Heilige aan jou krag verleen nie, gaan jy nie deur hierdie dag kom nie.
Maak seker jou dag begin Gees gevul, want dan verander jou probleme in uitdagings wat oorkombaar is, want die vuur in jou, verteer enige probleme voor jou.
Selfs waar mense klippe na jou gooi, sien jy geleenthede, want jy gebruik die klippe om die platform waarop GOD jou geplaas het nog hoër te bou.
Staan op, staan sterk, want as GOD vir jou is, wie gaan teen jou wees?
-------
GEBED.
VADER, soms lyk die berg voor ons so groot, omdat ons nog nie in geloof vlerke gegroei het om bo die probleme en uitdagings uit te styg nie. Ons is nog op die grond vlak van hierdie wêreld en daarom lyk die probleme oorweldigend groot. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U ons nooit sal faal en nooit sal verlaat nie, want deur gebed sal ons krag kry om alles te oorkom.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die Vuur van U Heilige Gees in ons.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





