I KRONIEKE 28:9 AFR53 9
9. En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.
*******
Kern gedeelte:
"dien Hom met 'n volkome hart"
As ons die geskiedenis van Dawid en van sy seun Salomo ken, sal ons eers begin verstaan wat die term "'n volkome hart" beteken.
Dawid was defnitief nie perfek nie, en nadat hy by Betseba ingegaan het, het hy selfs verder gegaan en Uria, haar man laat sterf in die voorgrond van die geveg.
Nietemin, hy het sy sonde bely, en by GOD om vergifnis gepleit, maar sy hart, sy weë was deurentyd in GOD gevestig.
Salomo wat GOD gegewe wysheid besit het se hart was nie volkome op GOD gevestig nie, en daarom het hy in sy laaste jare agter ander gode aangeloop.
Ons almal is mense en ons almal maak foute, maar die slotsom is of ons GOD dien met ons hele hart, siel en verstand!
Dan dien jy GOD met 'n volkome hart!
Of gaan jy bereid wees om 'n kompromie aan te gaan met die wêreld wat jou uiteindelik gaan weg lei van GOD af?
-------
GEBED.
VADER, ons almal loop met die Woord van GOD op ons lippe, maar ek twyfel of almal U met 'n volkome hart dien. Daagliks vra ek U Heilige Gees om aan my te openbaar, waar sonde besig is om in my lewe in te kruip, waar ek van U wegdwaal deur wêreldse begeertes. Gee asb dat ek U nie sal verlaat nie, maar dat ek U in nederigheid met 'n volkome hart sal dien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ek dat U alle bande sal breek wat ons nog aan die dinge van die wêreld vashou.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





