HANDELINGE 10:2-4 AFR53 2
2. Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
3. Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!
4. En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
*******
Kern gedeelte:
"Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom"
Dikwels hoor ek mense sê dat hulle gebede nie verhoor word nie, en dat hulle woestyn tyd nie verbygaan nie.
Ek is 'n mens en kan geen vinger na ander wys nie, want ek self het my eie foute, probleme en sondes.
Dit verander nie die saak nie, en daarom stuur ek die boodskap uit.
As jy met 'n toe hand deur die lewe gaan, as GOD se seëninge nie deur jou, na ander kan vloei nie, hoe kan GOD jou dan seën?
As jy net vir jouself leef, en nie onpartydig opreg teenoor ander staan nie, hoe kan GOD jou seën?
As jy nie jou lewensdoel, jou lewenspad voor GOD se voete vind nie, en wandel in geestelike afgestorwenheid, hoe moet GOD jou seën?
Wanneer ons weer bid, onthou dat ons dade van onpartydige opregtheid by die geloof moet voeg.
Daarom se die Woord:
Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
-------
GEBED.
VADER, hoe maklik fokus ons nie net op onself nie, dink ons in ons gebede net aan ons eie behoeftes. In die wêreld sien ons ander swaarkry, maar ons hou U seëninge in ons lewe styf teen ons bors vas. Leer ons asb vandag om Gees gelei, U seëninge ook na ander te laat deurvloei, want in hierdie wêreld is leuens, luiheid en hebsug aan die orde van die dag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeiding wat die waarheid in elke situasie kan sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





