HANDELINGE 9:4-5, 8 AFR53
4. en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
5. En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
8. Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.
***
Kern gedeelte:
"Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop"
Op die weg na Damaskus het Saulus, nog vol van homself, sy eie planne gehad hoe hy die Evangelie gaan uitroei, hoe hy homself voor die leier priesters, voor die wêreld gaan bewys.
Soveel mense doen dit vandag nog, wanneer hulle GOD nog ontken en nog nie hulle Verlosser ontmoet het nie, omdat hulle die inwerking van die Heilige Gees teëstaan.
Maar die tyd kom, waar jy in een oomblik nog trots voor die wêreld staan, nog teen die prikkels skop, en die volgende oomblik stort alles vir jou ineen en lê jy ook dalk blind op die grond.
Eers dan leer ons, soos Saulus om tot GOD in nederigheid te nader, ons Verlosser te leer ken, en die mense wat jy op neergekyk het, sal jou tot hulp gestuur word.
Gaan voort, ontken JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker, maar onthou, die wiel van die lewe draai, miskien stadig, maar hy draai.
Die een of ander tyd, is jou jy ook onder en eers dan sal hierdie boodskap vir jou sin maak.
-------
GEBED.
VADER, hoe arrogant en ontkenend het ons ook nie voor die wêreld gestaan, voordat ons U as GOD erken het, en U Seun as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar het nie. Ons bid vir nederigheid van hart sodat ons nooit weer in trots, in die "eie ek" in die wêreld sal staan nie. Ons bid vir elkeen wat nog hierdie pad moet stap, wees asb met hulle sodat nie een verlore sal gaan nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U harte sal aanraak sodat hulle die Lig, die Weg en die waarheid sal sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





