HÁBAKUK 3:17-19 AFR53
17. Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie
18. nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.
19. Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes.
***
Kern gedeelte:
"nogtans sal ek jubel in die Here"
Vanoggend is een van daardie oggende waar alles net skeefloop, en sedert ek uit die bed geklim het gaan dit reeds so.
Die waarheid is dat dit gaan al die hele week so, maar selfs dit bekommer my nie.
As die storms kom, hou aan stap in geloof, stap teen die storm in, glo dat GOD jou gaan krag gee, jou gaan deurdra en sodoende gaan hierdie storm ook binnekort iets van die verlede gaan wees.
Niks hou vir ewig aan nie, nie eers ons woestyn tye nie.
Ook dit sal verbygaan, maar ons verhouding met GOD sal bly staan.
Daarom kan ons sê: Nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.
-------
GEBED.
VADER, ons weet dat die "verderwer" ons sal aanval met 'n rede, en daardie rede is die Evangelie van U Seun, ons Verlosser. As ons gekies het om weg te stap van die weë van die wêreld af, aan U gehoorsaam word, sal die aanslae kom, maar U reddende regterhand het ons tot nou toe nog deur alles gedra, selfs deur ons swak besluite. Dankie dat ook in hierdie storm, U ons die krag gee om alles te oorkom.
In die Naam van ons Meester YESHUA, verklaar ons oorwinning oor hierdie dag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





