OPENBARING 22:12, 14-15 AFR53
12. En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
14. Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
15. Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.
***
Kern gedeelte:
"Salig is die wat sy gebooie doen"
Soveel mense glo nie meer dat dit nodig is om GOD se gebooie te onderhou nie, want dit is te "wetties" te wet gedrewe.
Nee, ek onderhou nie die gebooie sodat ek gered kan word, want ek is reeds gered deur my Verlosser en Saligmaker, JESUS CHRISTUS.
Ek onderhou die gebooie uit liefde vir GOD en gehoorsaamheid van Sy Woord.
Uit die 33/53 Vertaling van GOD se Woord, lees gerus ook Openbaring 12:17 en Openbaring 14:12 vir meer duidelikheid.
Elkeen kan vir hulle self besluit, gaan ons gehoorsaam wees aan GOD se Woord, of gaan ons voortleef in die leringe van die wêreld.
Wie ore het, laat hom hoor!
-------
GEBED.
VADER, ons kies om siende blind, en horende doof deur die lewe te gaan wanneer U Woord ter sprake kom en tog hang ons elke lering van die wêreld, die "verderwer" aan sonder om enige iets te bevraagteken. Laat U Heilige Gees asb die sluier oor ons oë lig sodat ons die waarheid van U Woord sal sien, ervaar en verstaan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeiding sodat ons deur die leuens van die "verderwer kan onderskei van U Woord.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





