HANDELINGE 26:15-16, 18 AFR53
15. Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.
16. Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot 'n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,
18. om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.
***
Kern gedeelte:
"Maar rig jou op en staan op jou voete"
Die dag wat jy jou hart en jou lewe vir JESUS CHRISTUS gegee het, was die dag wat jy geroep is om jouself op te rig en op jou voete te staan.
Jy is nie geroep om in vrees te lewe nie, of in die donker hoekies van die samelewing weg te kruip nie, maar jy is geroep om die Woord van GOD lewendig te hou op jou lippe.
Ons is geroep sodat die Lig van Verlossing deur ons sal skyn.
Ons is geroep om die Woord van GOD in elke situasie met outoriteit uit te dra sodat ander deur ons handelinge, ook oortuig sal word om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die "verderwer" tot GOD.
Daarom, vandag as jy die boodskap lees, rig jou op en staan op jou voete.
-------
GEBED.
VADER, soms wil ons soos Elia onder 'n bos inkruip, en net daar bly lê, maar selfs daar het U 'n boodskapper aan hom gestuur wat gesê het, staan op en eet. Soos Elia mag ons pad nog lank wees, en daarom moet ons ook eet van die Brood van die lewe, van die Woord van GOD, want daardeur sal U ons die krag gee om op te staan en voort te gaan. Dankie dat U ons versterk in ons oomblikke van swakheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om op te staan en uit te staan in U Naam.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





