OPENBARING 2:21-23 AFR53
21. En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.
22. Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
23. En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
***
Kern gedeelte:
"En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer"
En so kan nie een van ons omdraai en sê dat ons nie die tyd gegun is om ons van ons weë weg te keer en terug te draai na GOD toe nie.
Miskien is vanoggend ons laaste waarskuwing om ons weg te keer van dit wat ons mee besig is, om dit te stop wat GOD nie behaag nie.
Ek gaan nie vir jou sê dat jy moet ophou rook, drink, vals lewe, tweedrag saai, hoereer of derglike doen nie.
Die keuse is joune!
Elkeen weet waarmee hulle besig is, en die saak is tussen jou en GOD.
Kom tot bekering en begin die GOD gegewe doel vir jou lewe najaag, of kies om die nagevolge te dra, nie jy alleen nie, maar ook die wat die naaste aan jou is, wat saam met jou in die saak van die sonde staan.
-------
GEBED.
VADER, hierdie is harde woorde op die regte tyd, want ons ry reeds te lank op U genade se rug. Selfs 'n uurglas loop een of ander tyd leeg, en vandag het die uurglas vir ons ook leeg-geloop en ons staan nou voor keuses in die lewe. Ons bid dat U Heilige Gees ons sal versterk om die regte keuses te maak. Laat elkeen besluit wie hulle wil dien, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir duidelike rigting vir ons lewenspad vorentoe.
Amen.
-------
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





