II TIMÓTHEÜS 2:19-21 AFR53
19. Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.
20. Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.
21. As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.
***
Kern gedeelte:
"geheilig en bruikbaar vir die Here"
Wanneer kan ons bruikbaar wees vir GOD en wanneer sal ons geheilig voor GOD kan staan?
As ons hoofstuk 2 gaan klaar lees, sal ons die volgende sien:
* Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
•En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;
en 'n dienskneg van die HERE moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
* Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
* en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
Laat ons nie net die Woord van GOD lees nie, maar laat ons ook toepas wat ons lees!
-------
GEBED.
VADER, U Woord is waarheid en U uiteensetting is duidelik, maar ons sien nie, ons verstaan nie, omdat ons nog die leuens van die "verderwer" glo, omdat ons nog die begeerlikhede van die jeug najaag. Leer ons asb hoe om geregtigheid, geloof, liefde, vrede na te jaag sodat ons bruikbaar voor U kan staan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U elkeen sal verlos wat met die gees van verwaandheid, die gees van die "eie ek" worstel.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





