NEHEMÍA 6:12-13 AFR53
12. Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat Tobía en Sanbállat hom gehuur het.
13. Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en sonde doen, sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.
***
Kern gedeelte:
"Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie"
Moenie toelaat dat die woorde van ander jou ontmoedig nie.
So dikwels word woorde gespreek uit jaloesie, afguns en naywer, en nie deur GOD se leiding nie.
En hoeveel keer word ons nie ontmoedig deur die woorde van ander nie.
Weet dit, as GOD vir jou 'n boodskap het, sal jy dit in jou gees ervaar dat dit moet wees, en jy sal daardeur gedryf word.
Jy sal selfs bevestiging daaroor ontvang deur gemeenskaplike gelowiges, gebeure wat net in plek val en alles wat uitwerk soos dit moet.
Bly voor die voete van GOD oor die saak, en as twyfel bestaan, vas en bid totdat sekerheid in jou hart bevestig word.
Dan sal jy duidelik merk dat GOD die persoon nie gestuur het nie om die saak te bevestig nie, maar wel vir ander redes en agendas.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie nuwe dag staan ons voor U, en ons vra dat U ons geestelike oë en ore sal open sodat ons die verskil sal ken tussen U Wil, U Waarheid en die leuens van die "verderwer". Soveel mense spreek negatiwiteit in ons lewe in om ons van stryk te bring, sodat U plan vir ons lewe nie tot volheid sal kom nie. Versterk ons asb en gee ons asb die krag om voort te beur, vas te staan in ons geloof.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Waarheid na vore sal kom in elke saak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





