OPENBARING 3:15-17 AFR53
15. Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
16. Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
17. Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
***
Kern gedeelte:
"EK ken jou werke"
In gister se boodskap, sê GOD vir ons, " en al die gemeentes sal weet dat dit EK is wat niere en harte deursoek, en EK sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
Hoeveel van ons dien GOD met ons hele, siel en verstand, en hoeveel mense daar buite dien GOD, net om deur ander gesien te word?
Ek wil dit vandag baie duidelik maak, en as die boodskap jou nie geval nie, weet dat elke Whatsapp en Telegram applikasie het 'n blok knoppie en jy is welkom is dit te gebruik.
Maar weet, al loop jy dag en nag agter jou Prediker/Pastoor/Predikant of Leeraar aan, en al sit jy in die kerk totdat daar drukmerke op die houtbanke is, gaan dit nie jou saligheid bevestig nie.
Ons verlossing lê slegs in ons Verlosser, JESUS CHRISTUS, en wanneer ons aan Hom gelykvormig word, deur die riglyne van GOD se Woord nie net te lees nie, maar uit te leef, toe te pas in ons lewe.
Onthou, ons kan 'n Doring boom, 'n Appel boom noem, maar as die blomtyd verby, word die boom aan sy vrugte geken.
Met woorde kan voorgee dat jy warm is, maar deur jou dade word jou geloof bevestig.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend se boodskap is moeilik want dit het soveel toepassing op my eie lewe, waar kleurvolle woordeskat en gedagtes van twyfel my lei na die weë van die wêreld, waar ek daarna neig om lou te begin word, en nie in alles, die Naam van my GOD op my lippe te hê nie, en soms ons hulp in wêreld te gaan soek. Vergewe ons asb ons sondes en ons swakhede.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om weer ons aandag te vestig op dit wat ons moet doen, soos U Gees ons sal lei.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283207





