OPENBARING 14:12-13 AFR53

August 19, 2025

12. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

13. En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf — salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.


***


Kern gedeelte: 

"hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar"


Die Woord van GOD is onmiskenbaar duidelik vir die verligte siele wat die gebooie van GOD en hulle geloof in JESUS CHRISTUS bewaar.

Tog is daar soveel wat nog nie besef dat GOD se Woord, een Woord is wat nie gesky kan word nie.

Hulle besef nie dat ons verhouding met GOD lê in die eerste vier gebooie nie, en om in liefde teenoor ons naaste te lewe, lê juis vasgevang in die laaste ses van die tien gebooie nie.

Almal soek na die "vals" vorm van liefde wat in die wêreld verkondig word, en daarom nooi ons die sonde en die "verderwer" by die voordeur in.

JESUS maak dit duidelik in Johannes 15:10 wanneer Hy sê:

As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

As ons dit verstaan, sal ons die grootste gebod verstaan wat sê, jy moet die HERE jou GOD liefhê met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Dan sal GOD se geregtigheid, Sy onpartydige opregtheid ook vir jou duidelik word.


-------


GEBED.


VADER, net 'n kort gebed waar ons vra dat U ons geestelike oë sal open sodat ons die waarheid van U Woord sal insien en begryp, sodat ons nie in die vals leringe van hierdie wêreld sal staan nie. Verlig asb vandag ons gees en ons gemoed.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons die waarheid van U Woord sal leer.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

November 18, 2025
20. Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. 21. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. 22. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy? *** Kern gedeelte: "en ook aan die tafel van die duiwels nie" Deur GOD se Woord is die boodskap vanoggend, maak jou keuse! Of ons dien GOD of ons dien die wêreld, daar is nie 'n middelweg nie. Ons wil Sondag oggend kerk toe gaan en een uur aan GOD afstaan, maar die ander 167 ure van die week leef ons nie net in die wêreld nie, ons leef voluit vir die wêreld! Ons kan nie ons brood aan beide kante ge-botter hê nie, dit is of een of die ander. Laat elkeen van ons vandag die keuse maak, die keuse is in niemand ander se hande nie, maar slegs in ons eie hande. ------- GEBED.  VADER, dankie dat U ons deur U Woord tot die realiteit terug ruk, sodat ons kan besef dat ons met een voet in die wêreld staan en met een voet in die kerk, maar ons ken nie U Seun nie, ons laat die inwerking van U Heilige Gees nie toe nie en ons GOD is nie ons prioriteit nie. Ons gee voor dat ons goeie mense is, maar ons is skynheilig in ons Gods-diens. Gee ons asb die krag om die regte om die besluit te maak en die besef dat ons met die nagevolg gaan saamleef. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die skille van ons oë sal afval sodat ons nie langer blind sal wees vir ons eie tekortkominge nie. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 17, 2025
1. BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? *** Kern gedeelte: "waar sal my hulp vandaan kom?" As jy ook aan die begin van hierdie week vra, waar sal my hulp vandaan kom, dan vra ek dat ons die res van Psalms 121 sal saamlees! * Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? * My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. * Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. * Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. * Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. * Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. * Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. * Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. -------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig dat U nooit sal faal en ons nooit sal verlaat nie. Soms voel ons alleen en as die wêreld teen ons draai, dan lewe ons in die wete dat U is steeds in beheer, en as ons val sal U ons oprig deur U reddende regterhand. Dankie dat U nie sluimer of slaap nie, maar dat U die enigste Lewende GOD is. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir U krag en genade in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 13, 2025
8. Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende, 9. dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was; 10. dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid. 11. As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid. 12. Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis. *** Kern gedeelte: "dat hul gedrag hoogmoedig was" Soos die spreekwoord sê, hoogmoed kom voor die val. Op ons lewenspad gee GOD aan ons verskeie waarskuwings en teregwysings deur mense, deur gebeure, deur die inwerking van Sy Heilige Gees, en as ons daarop nie let nie, ons nie bekeer van ons hoogmoedeid nie, bly daar net een opsie oor. Wie nie hoor nie, moet maar voel! Ons moet maar eers van ons troontjie afklim voor ons, op ons knieë voor GOD kan kom. Eers wanneer ons, ons sonde van hoogmoed voor GOD belei, besef en erken dat GOD in beheer is, dat alles wat ons is, is net genade en alles wat ons het is net geleen, eers dan kan GOD ons weer oprig, weer plaas waar Hy ons wil hê in Sy groter plan. Moenie meer van jouself dink as wat nodig is nie! ------- GEBED. VADER, ons bid vir nederigheid, nederigheid en nederigheid en as daar gedagtes van hoogmoed by ons opkom, laat U Heilige Gees ons asb daarop wys, Laat ons voete nooit die grond verlaat nie, maar hou ons nederig voor U. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U, dat ons in U genade mag leef. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
November 12, 2025
12. ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie. 13. Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam. *** Kern gedeelte: "maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie" Ek het vanoggend die "Seven sins" gaan naslaan en vertaal in Afrikaans. Die lys van die sewe sondes is soos volg: 1. Wellus 2. Hebsug of vraatsug 3. Gierigheid 4. Luiheid 5. Woede 6. Afguns 7. Trots Ek het vanoggend nie veel daaroor te sê nie, maar gebruik eerder die stiltetyd om in nabetragting na te dink oor watter een van die sondes my eie lewe beheer. Laat elkeen vanoggend sy eie antwoord vind en in gebed voor GOD belei. -------- GEBED. VADER, niemand is perfek nie, en niemand is sonder foute nie, vergewe my asb my sondes, en gee my die krag om deur niks oorheers te word nie. Laat ons besef dat ons, ons liggame tot eer van U moet aanwend. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir bevryding van dit waarmee ons worstel. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 10, 2025
3. Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie, 4. want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here. 5. Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang. *** Kern gedeelte: "Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel" Ons is so vinnig om ander te oordeel terwyl ons nog self in GOD se oordeel staan. Daarom sê GOD vir ons deur sy Woord, moenie oordeel nie, want met dieselfde oordeel wat jy mee oordeel, sal jy ook geoordeel word. Weet net dit vanoggend, oral waar jy gaan sal jy deur mense geoordeel word en oral waar jy gaan sal daar altyd iemand wees wat 'n probleem met jou het. Moenie daarop fokus nie want dit bring jou nie tot saligheid nie. Fokus eerder daarop hoe GOD jou sien. Fokus daarop om daagliks meer en meer in GOD se geregtigheid, Sy onpartydige opregtheid te beweeg. Dan sal jy ook kan sê, Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word. ------- GEBED. VADER, in hierdie oggend ure kom ons voor U en ons vra vergifnis dat ons die splinter in ons broer se oog soek, terwyl ons die balk in ons eie oë nie sien nie. Ons vra vanoggend vir die krag, wysheid en insig om eers na ons eie foute en tekortkomimge te kyk, en op ons verhouding met U te fokus, voor ons ander wil oordeel. In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons vir geopende oë wat ons eie foute sal raaksien. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 7, 2025
14. WANT God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. 15. In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, 16. dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; 17. om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; 18. sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie. 19. OOK word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente, *** Kern gedeelte: "maar die mens let daar nie op nie" Hoeveel keer in ons lewe het GOD deur Sy Heilige Gees met ons gepraat, die seël van waarskuwing op ons gedruk, maar ons het nie daarop nie gelet nie, nie geluister nie. As ons vanoggend sê dat ons geen waarskuwing ervaar, of nie GOD se stem hoor nie, dan is dit omdat ons nie ingestel is op die inwerking van die Heilige Gees nie, ons bid nie en vra vir GOD se Wysheid, Insig en Leiding nie. Ons volg ons eie kop, jaag ons dit na wat deur ons eie begeertes gedryf word, maar as dit skeefloop, is dit GOD se skuld. Nee, dit was ons keuse, neem verantwoordelikheid vir jou besluite, leer iets daaruit. As jy GOD se Leiding soek, beweeg nader aan Hom, spandeer tyd in Sy Woord, bid en vas, en die sluier sal ook vir jou gelig word. ------- GEBED. VADER, ons maak soveel foute omdat ons nie luister nie. Ons dwaal want ons volg ons eie kop. Maar as dinge skeefloop wil ons terughardloop na die spaarwiel GOD toe. Gee asb aan ons die krag, deursetting vermoë, wysheid, insig en geduld om U in alles te ken, en dat ons kan wag vir die antwoord wat U ons sal gee. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die geduld om op U antwoord te wag, voor ons beweeg. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings