II KORINTHIËRS 3:14-17 AFR53
14. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
15. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar 'n bedekking oor hulle hart;
16. maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
17. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
***
Kern gedeelte:
"Maar hulle sinne is verhard"
Hoekom is sekere mense nog in hulle sinne verhard, al loop hulle rond en verkondig dat hulle bekeerd is en dat hulle GOD dien.
Eenvoudig, om van GOD te weet, die Woord te kwoteer maak jou nie 'n kind van GOD nie, 'n ware volgeling van JESUS CHRISTUS NIE!
Die "verderwer" weet ook van GOD en hy het ook die Woord kwoteer!
Eers wanneer jy tot ware inkeer gekom het, JESUS as jou Verlosser en Saligmaker aanvaar het, en jy GOD soek bo alles, sal die sluier vir jou oor die Woord van GOD gelig word.
Dan breek die waarheid vir jou deur soos die daggeraad, want waar die Heilige Gees van GOD teenwoordig is, sal jy die waarheid verstaan en daardie waarheid sal jou vry maak.
-------
GEBED.
VADER, daar is soveel dwaling in hierdie wêreld, en U Waarheid maak vir soveel mense nog geen sin nie. Daarom bid ons vanoggend vir siele tot ware bekering, laat U Heilige asb elkeen se oë verlig sodat hulle die situasie kan sien vir wat dit is. Sodat ons sal besef waar ons nog in die sonde van die wêreld leef, betrokke is in dit wat nog 'n skeidsmuur vorm tussen ons en die waarheid van U Woord.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons geestelike blindheid sal genees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https//tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





