HANDELINGE 18:5-6 AFR53
5. En toe Silas en Timótheüs van Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is.
6. Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
***
Kern gedeelte:
"Julle bloed is op julle hoof"
As jy die boodskap klaar gegee het, as jy klaar gepraat het en die persoon/persone wil nie luister nie, draai om en stap weg, die bloed is nie meer op jou hande nie, en jy kan niemand se lewe vir hulle lei nie.
Elkeen van ons keuses, vorm ons lewenspad, en dek ons tafel van nagevolg.
Ek praat nie net van Godsdiens lewe nie, ek praat ook van ons persoonlike lewe.
Moenie dat ander se lewe, hulle keuses en optrede jou siel in die verderf laat beland nie.
Weet dit, beweeg aan, want daar sal altyd die persone wees wat siende blind en horende doof is!
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb vandag die diskresie en oortuiging om te weet wanneer ons klaar gepraat het. Wanneer dit tyd is om aan te beweeg want wat ons sê gaan geen verskil meer maak nie. Laat ons woorde min, en ons boodskap kort en duidelik wees, voordat ons omdraai en wegstap. Laat ons woorde asb Gees geleide woorde wees, en nie woorde van menslike emosie nie .
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons woorde op vrugbare grond sal val.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel+27716283107





