HÁBAKUK 3:17-19 AFR53
17. Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie
18. nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.
19. Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
****
Kern gedeelte:
"nogtans sal ek jubel in die Here"
Ek luister hoe mense kla oor hulle finansies, situasies en omstandighede, en ek weet nie altyd wat om te antwoord nie, want elkeen se omstandighede is anders.
Iemand oor die naweek sê toe vir my die volgende:
Daardie man loop en kla, maar hy is nog vêr van Job se situasie af.
Nou ja, toe hou ek ook op met kla want ek is ook nog bitter vêr van Job af.
Nou sê ek eerder, ongeag wat, nogtans sal ek jubel in die HERE, en ek dank GOD vir die voorregte wat ek nog het, soos kos op die tafel en 'n dak oor ons kop.
Laat ons ophou kla terwyl ons nog met die "witbrood onder die arm" loop, terwyl ons nog in GOD se seën lewe.
Miskien nie in ons lys van verwagtinge nie, maar in GOD se seëninge.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir hierdie oproep tot realiteit, sodat ons kan besef dat daar ander mense is wat slegter daaraan toe is as wat ons is. Help ons asb vandag om eerdeer ons seëninge te tel as wat ons, ons tekortkominge begin tel. Dankie vir vir stukkie voorsiening uit U Hand en dankie vir ons daaglikse brood.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir harte wat dankbaar kan wees vir dit wat ons tans het.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





