DEUTERONÓMIUM 16:19-20 AFR53
19. Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie partydig wees nie; ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het.
20. Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die Here jou God jou sal gee.
***
Kern gedeelte:
"Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag"
Geregtigheid is die een onderwerp wat soos 'n goue draad regdeur die Woord van GOD geweef is.
Daarom maak JESUS CHRISTUS dit vir ons duidelik wanneer Hy sê in Matthéüs 6:33.
Soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Gerergtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Al ooit die woorde gehoor wat sê, jou ongeregtigheid sal jou inhaal.
Dit word met reg so gesê want elke keer as jy in ongeregtigheid beweeg moet jy weet, jy dek jou tafel van nagevolg waar jy eendag sal moet aansit.
Jy mag dink dat jy daarmee weggekom het, maar weet dat die wiel draai, miskien stadig maar hy draai.
Wanneer jy dit die minste verwag sal jy deur jou eie ongeregtigheid raakgery word.
-------
GEBED.
VADER, ons land, ons volk en ons mense gaan ten gronde as gevolg van ongeregtigheid. Maar U is 'n GOD wat nie slaap nie, en daarom vra ons dat U sal toesien dat elke daad van ongeregtigheid na sy eienaar sal terugkeer sodat elkeen met die nagevolg van sy ongeregtigheid kan deel en aansit by sy tafel van nagevolg. Maar in alles bid ons dat U Wil sal geskied, soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons sal leer hoe om in U geregtigheid te leef.
Amen.
•••••••
Webtuiste://https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





