PSALMS 147:6, 10-11, 13 AFR53
6. Die Here rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.
10. Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.
11. Die Here het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
13. Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.
***
Kern gedeelte:
"Die Here rig die ootmoediges weer op"
Vanoggend lê die Heilige Gees hierdie woorde so duidelik op my hart, want iemand het nodig om dit te hoor!
Jou uitkoms, jou krag, jou deurbraak, jou genesing lê nie in die hand van vlees nie, maar deur die krag van GOD!
Ons wag soms met verwagting dat iemand ons lewe en ons situasie moet kom verander, maar as dit nie van GOD kom nie, nie deur GOD se Wil is nie, lewe jy met 'n leë verwagting, want vervloek is die man wat steun op die arm van vlees!
Maar as jou verwagting op GOD is, weet dan dat jou oplossing is voor die deur, weet dat jou weg is reeds vir jou uitgelê, en weet verseker dat GOD jou nooit sal faal nie!
As jy GOD dien met jou hele hart, hele siel en hele verstand, en jou hoop en verwagting is slegs op GOD staan vandag op, stap die lewe in want alles gaan uitwerk presies soos GOD dit beplan het.
Moenie in vals hoop lewe of deur twyfel oorweldig word nie, maar staan op in die Krag van GOD.
-------
GEBED.
VADER, ons weet sonder twyfel dat U is ons Rots en ons Vesting, ons GOD op wie ons vertrou, want U het geen behae in die weë van hierdie wêreld nie, of die mens wat hardnekkig daarin bly voortleef nie. Help ons asb om noukeurig volgens, en in U weë te wandel, en laat die hoop wat hierdie wêreld bied vir ons tot niet gaan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vandag, vir hierdie nuwe dag waarmee U ons geseën het.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





