OBÁDJA 1:12, 15 AFR53
12. En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!
15. Want die dag van die Here is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.
***
Kern gedeelte:
"moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie"
Hierdie is een beginsel wat ek in glo, want my ma het my dit van kindsbeen af geleer, moenie jouself verheug in 'n ander se leed nie, want jy is nie so onskuldig as wat jy dink nie.
Dank GOD eerder dat jy nog die geleentheid het om sake reg te maak.
Die lewens wiel draai stadig, maar hy draai wel, en wat vandag bo is, is môre weer onder.
Moenie jouself verheug is ander se leed nie, nie eers in jou vyand sin nie, want wie weet, môre is jy dalk onder.
-------
GEBED.
VADER, laat ons eerder na ons eie lewe, ons eie foute kyk, voordat ons, ons verheug oor ander mense se leed. Help ons asb om in U onpartydige opregtheid te lewe, en leer ons asb om eerder ander te ondersteun as om te oordeel. Vergewe ons asb ons eie sondes en leer ons asb dat die enigste keer wat ons na iemand afkyk, is wanneer ons besig is om hom op te help.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U vir ons wys hoe om almal in U onpartydige opregtheid te hanteer.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms .co.za
Sel: +27716283107





