DEUTERONÓMIUM 30:19-20 AFR53
19. Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,
20. deur die Here jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die Here aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
***
Kern gedeelte:
"Kies dan die lewe, dat jy kan lewe"
Ongeag wie ons is en waar ons vandaan kom, elke oggend as ons wakker word, word twee dinge aan ons gegee.
1. 'n Keuse wat ons vandag met ons dag gaan doen.
2. 'n Nuwe geleentheid om ons lewe te verander, nader aan GOD te beweeg.
Gryp dit vanoggend aan want die dag van môre is ons nie vir ons gewaarborg nie.
Baie van ons sal kies om presies te doen, soos ons gister dinge gedoen het, ons sal vasgevang bly in depressie, self bejammering, negatief wees, en aanhou kla oor die lewe, al loop ons met die witbrood onder die arm.
Dit is tyd dat ons kies om nader aan GOD beweeg, dan sal ons vernuwe word in ons gees en wanneer dit gebeur sal jy ook elke dag se keuses en geleenthede raaksien.
Nou sê ek weer, Kies dan die lewe, dat jy kan lewe!
-------
GEBED.
VADER, ons word wakker met ondankbare harte, met oë wat net die negatiewe kan raaksien. Ons is die rede vir ons ons eie probleme, want as die Lig van ons Verlosser in ons lewe geskyn het, sou ons die toekoms gesien het wat U vir ons beplan, 'n hoopvolle toekoms en lewe in oorvloed. Open asb vandag ons oë sodat ons vanoggend ons seëninge kan tel en met dankbare harte hierdie dag kan ingaan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vrede en vreugde in ons harte.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





