II KRONIEKE 20:35, 37 AFR53
35. Maar daarna het Jósafat, die koning van Juda, 'n bondgenootskap aangegaan met Ahásia, die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het.
37. Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die Here u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.
***
Kern gedeelte:
"verbreek die Here u werk"
Sekere venootskappe moet nie wees nie, en daarom sal GOD ons daarmee frustreer, ons beperk, en dit verbreek, want dikwels is dit nodig dat GOD ons beskerm teen onself.
Ons sien in die oomblik maar GOD sien die lang termyn nadraai van dit wat ons vandag begin sonder om GOD eers in die saak te ken.
Daarom is dit nodig dat ons eers daaroor bid, seker maak, bevestiging van GOD ontvang, voordat ons eers begin.
Moenie in venootskappe betrokke raak by mense wat GOD nie ken nie, want met tyd sal een van twee dinge gebeur.
▪︎ Hulle sal jou tenakom en jou skade laat ly waarvan jy nooit gaan herstel nie.
▪︎ Hulle sal jou gewoond maak aan hulle weë en jou sistematies weglei van GOD af.
-------
GEBED.
VADER, ons wil deure oop forseer, sake maak werk, terwyl U ons aandag daarop wil vestig dat hierdie besluit verkeerd is en dat ons nie daarmee moet voortgaan nie. Gee asb dat ons sal luister na U Stem, deur die inwerking van U Heilige Gees, en dat ons nie in hardkoppigheid sake sal forseer waar U dit nie goedkeur nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons vir U Leiding in elke saak en besluit.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





